ń Kar...
ń Kar kan beskryf word in verskillende maniere soos byvoorbeeld, gemaklike sitplekke, bloed rooi en vinnig deur die wind.
Ek dink dat meeste van ons nie karre in so ń beskryflike manier kyk nie maar vir ander is die kar se kleur, spoed, veiligheid en soort kar wat dit is iets belangrik om te kyk in karre omdat jy vir sowat vyf tot sewe jaar die kar kan ry.
Somige mense koop karre en dan modifiseer hulle dit sodat dit vinniger en mooier lyk as wat hulle dit gekry het. Hulle doen die bande oor laat dit splinter nuut lyk soos silwer en dan doen hulle ook hul kleur van hulle karre oor en sit ander soort verf op wat hulle van hou, sommige mense sit ook waterstof in hulle karre, en waneer hulle dit druk dan gaan die karre so vinnig deur die lug.
Karre het baie aandag nodig net soos jy jou kat of hond aandag gee, dit moet elke keer gediens word, ek het gesien in my Anty se kar dat dit sê haar waneer sy dit moet diens so dit is gerieflik maar as dit nie so is nie, is daar gewoontlik ń diensplan, elke 10 000 kilometers of 15 000 kilometers moet jy dit gaan diens en hang af van elke kar en dan neem jy jou kar na die werktuigkundige toe.
Karre is baie materialisties maar dit het ń plekkie in elkeen van ons se hart as dit jou eie is en veral jou eerste.
Jislaaik, ek wil 'n kar hê soos jou tannie! Ek stem saam met jou dat karre in ons hart is. Ons besef dit nie eens nie. Sommige mense sien karre as 'n nood en anders sien dit as 'n luuks. Ek wil weet wat meer belangrik vir jou is? Die sitplek en kleur of die maak van die kar?
ReplyDeleteEnkele opmerkings:
ReplyDelete1. Die skryfwyse van 'n . Maak asseblief seker dat jy dit reg doen. Kyk asseblief na my algemene kommentaar op Afrikaanse Wortels.
2. bloedrooi - een woord
3. nie karre in so ń beskryflike manier kyk nie - dat almal nie so na karre kyk nie.
4. om te kyk - om na te kyk
5. somige- sommige
6. modifiseer - soek 'n ander woord
7. Anty - tannie
8. gewoontlik - gewoonlik
9. Wees versigtig daarvoor om jou sinne te lank te maak.