Monday, 26 August 2013

bietjie iets oor myself

Ek is altyd vinnig om iets nuuts te leer en ek het karre nie eers interesant gevind nie maar nadat ek amper elke dag op televisie die propgram 'Top gear' saam my broers moes kyk het ek baie geintereseerd geraak aan hoe karre werk en hoe elke een uniek en anders gemaak is. Ek het ook die verskillende name probeer leer ken sodat ek slim kan lyk voor my broers as ons weer die program kyk maar dit is moeilik vir my, ek hou daarvan om die karre op die pad te sien en dan sien ek bekende karre wat ek op die program al gesien het.

 So dis hoekom ek hierdie tema gekies het, dit is meestal net die seuns of manne wat in karre belangstel maar ek het dit baie interesant gevind. As ek en my broers karre op die pad sien wat ons dink baie anders en uniek is dan begin ons praat oor die spesifieke kar en dan raak die atmosfeer anders, ons het dan iets in gemeen met mekaar en dit maak my bly, en deur dit kan jy aflei dat ek baie oor my familie is en ek hou daarvan om tyd saam hulle te spandeer, ek voel kalm en kan myself wees.

Ek hou van Range Rover's en Lexus, dit is my gunsteling karre en ek hou baie van groot karre as ek ry dan wil ek net my pa se groot kar ry want ek voel baie goed in groot karre en hulle ry baie gemaklik. Ek kan nie wag om eendag een van my eie te kan koop nie...

2 comments:

  1. Dis nogal interassant. Ek hou nie baie van karre nie maar ek weet 'n ding of twee oor Audis en dis snaaks dat jy nie Audi noem nie want dis 'n baie goeie kar. Dit het 'n elegante en moderne styl. Ek stem saam oor die ekonomiese klas van die Range Rover. Wanneer jy jou Range Rover of Lexus kry dan moet jy vir my 'n luitjie.

    ReplyDelete
  2. Let asb. op die volgende:

    1. Wees versigtig vir te lang sinne. Jou eerste paragraaf moes jy dalk in 4 sinne opgedeel het en nie net twee nie. Probeer om 'n punt daarvan te maak om korter sinne te skryf.
    2. ...ek het karre nie eers interesant - ek het karre eers nie interessant gevind...
    3. saam my - saam met my broers
    4. maar ek het dit baie interesant gevind. - , maar ek vind dit baie interessant
    5. Wees ook versigtig daarvoor om 'n sin met "so" te begin.
    6. dat ek baie oor my familie is - dat ek baie erg oor my familie is...

    ReplyDelete