Maandag stres
Toe ek hoor dat ons 'n 'blog' moes doen vir afrikaans was ek nie so gelukkig en opgewonde nie omdat ek geweet het dit behels jou om 'n rekenaar te gebruik en ek stel nie regtig belang in 'n rekenaar nie.
Ek het toe gewonder waroor sal my onderwerp gaan, en ek het toe gedink aan karre wat vir my die 'blog' onderwinding meer interesant sal maak.
Ek het altyd my 'blog' op 'n maandag gedoen en ek en my vriende het altyd mekaar gehelp en saam gestres, want ons was altyd so besig deur die week dat ons dit altyd maandag eers kon doen.
Noudat ek eers geintereseerd is oor die 'blog' is dit ons laaste skryfstuk en dit is nogal hartseer.
Ek is bly Mev Klopper het vir ons hierdie geleentheid gegee om 'n 'blog' te begin, anders sou ek net gehoor het van 'blogs' maar nou kan ek sê dat ek my eie 'blog' ook het en dit voel wonderlik.
Ek weet darem nie of ek weer nog 'n 'blog' sal begin nie, want dit is te veel moeite en dit vat tyd.
Miskien as ek eendag tyd het en oor iets spesifiek wil deel met ander sal ek defnitief nie aarsel om weer een te begin nie.
Dit was wel 'n wonderlike geleentheid gewees en ek het dit begin geniet maar ek is ook bly dat dit tot 'n einde gekom het.
Dankie vir jou eerlikheid. Ek is bly dat jy dit darem so 'n bietjie geniet het. Dit was lekker om jou "blog" te lees. Gewoonlik is dit die mans wat oor karre skryf, so dit was baie interessant om die vroulike perspektief te hoor ;-) Soos jy sê, dis nou klaar, so jy kan ontspan!
ReplyDelete