Monday, 30 September 2013

Maandag stres

Toe ek hoor dat ons 'n 'blog' moes doen vir afrikaans was ek nie so gelukkig en opgewonde nie omdat ek geweet het dit behels jou om 'n rekenaar te gebruik en ek stel nie regtig belang in 'n rekenaar nie.
Ek het toe gewonder waroor sal my onderwerp gaan, en ek het toe gedink aan karre wat vir my die 'blog' onderwinding meer interesant sal maak.

Ek het altyd my 'blog' op 'n maandag gedoen en ek en my vriende het altyd mekaar gehelp en saam gestres, want ons was altyd so besig deur die week dat ons dit altyd maandag eers kon doen.
Noudat ek eers geintereseerd is oor die 'blog' is dit ons laaste skryfstuk en dit is  nogal hartseer.
Ek is bly Mev Klopper het vir ons hierdie geleentheid gegee om 'n 'blog' te begin, anders sou ek net gehoor het van 'blogs' maar nou kan ek sê dat ek my eie 'blog' ook het en dit voel wonderlik.

Ek weet darem nie of ek weer nog 'n 'blog' sal begin nie, want dit is te veel moeite en dit vat tyd.

Miskien as ek eendag tyd het en oor iets spesifiek wil deel met ander sal ek defnitief nie aarsel om weer een te begin nie.

Dit was wel 'n wonderlike geleentheid gewees en ek het dit begin geniet maar ek is ook bly dat dit tot 'n einde gekom het.

Monday, 23 September 2013

Hoe om 'n kar te bestuur


Om 'n kar te bestuur kan moelik vir sommige mense wees maar maklik vir anders.

Die volgende stappe is hoe om 'n kar te bestuur:

1. Eerste moet jy seker maak dat jou veiligheidsgordel aan is.

2. Jy moet dan seker maak dat die kopelaar in neutraal is sodat jy die motor kan anskakel.

3. Jy moet dan die rat in die eerste rat sit en dan die kopelaar net 'n klein bietjie uit bring met jou voet en die versneller af druk.

4. Nou is jy al besig om te ry en dan as jy vinniger wil ry moet jy die kopelaar in druk en die rat verander na n hoer rat toe, die ratte gaan tot die vyfde rat toe.

5. Dit is belangrik om kalm te bly terwyl jy ry en alles sal maklik afloop.

Baie mense sukkel om te ry en neem ry lesse by 'n bestuurskool en dit help baie as jy gaan uit passeer, maar eers moet jy n toets skryf oor pad reels en dan kry jy jou leerlinglisensie.

Om te kan bestuur is gerieflik en maak jou lewe gemaklik. Dit gee 'n mens die vryheid van onafhanklik wees, jy is ook nie afhanklik van ander mense nie. Dit voel baie wonderlik om te kan ry.

Monday, 16 September 2013

Evolusie van die Voertuig.

Die ou ossewa was van hout gemaak met dik doek vir die dak, baie basies, met gewone hout sitplekke en aangedrewe deur perde, gereserveer vir koninglikes, was daar koetse, wat baie meer luuks was, met gedetaileerde afronding, binne en buite.

In die 1950's was die moderne enjin-gedrewe motor bekend gestel, geriefliker, vinniger, asook tonne swaarder. Die ou ossewa wiel was vervang met die nuwe rubber band, later het kar verhitting en kar radio algemeen geword. Die stuurwiel en voet pedale was nou bekend gestel, wat reis baie meer gemakliker maak. Karre het ook baie meer duirsaam geraak soos tegnologie verber het.

Ek onthou dat ons 'n baie ou kar gehad het en ook 'n nuwe kar en die ou kar het so baie probleme gegee dat ons amper elke dag die kar moes stoot en het baie kere laat gekom vir die skool, oor die probleme wat ons dikwels gehad het met die kar. Die nuwe kar wat ons gehad het, het nie soveel probleme gegee nie, dit was nie perfek nie maar die nuwe karre raak al hoe vinniger, beter en veiliger.

Die outydse karre word dikwels gebruik vir uitstallings, omdat hul bakwerk so uniek en anders is van wat ons tans ken.

Ek hou baie van die moderne astetiese styl van karre, maar kyk terug in verbasing aan die ou ontwerp van die moderne voertuig.  Ek sal baie graag self 'n versamelaar wil raak van outentieke motors uit verslikkende era's.                               
                                                  
 

Ossewa

 
                                                           
                                                                     Moderne vervoer

Lexus LFA

Range Rover Evoque

Tuesday, 3 September 2013


ń Kar...

ń Kar kan beskryf word in verskillende maniere soos byvoorbeeld, gemaklike sitplekke, bloed rooi en vinnig deur die wind.
Ek dink dat meeste van ons nie karre in so ń beskryflike manier kyk nie maar vir ander is die kar se kleur, spoed, veiligheid en soort kar wat dit is iets belangrik om te kyk in karre omdat jy vir sowat vyf tot sewe jaar die kar kan ry.
Somige mense koop karre en dan modifiseer hulle dit sodat dit vinniger en mooier lyk as wat hulle dit gekry het. Hulle doen die bande oor laat dit splinter nuut lyk soos silwer en dan doen hulle ook hul kleur van hulle karre oor en sit ander soort verf op wat hulle van hou, sommige mense sit ook waterstof in hulle karre, en waneer hulle dit druk dan gaan die karre so vinnig deur die lug.
Karre het baie aandag nodig net soos jy jou kat of hond aandag gee, dit moet elke keer gediens word, ek het gesien in my Anty se kar dat dit sê haar waneer sy dit moet diens so dit is gerieflik maar as dit nie so is nie, is daar gewoontlik ń diensplan, elke 10 000 kilometers of 15 000 kilometers moet jy dit gaan diens en hang af van elke kar en dan neem jy jou kar na die werktuigkundige toe.
Karre is baie materialisties maar dit het ń plekkie in elkeen van ons se hart as dit jou eie is en veral jou eerste.